OOR ONS

Ons dra by tot hoër gewasvoeding want ons produkte bevat Humiensuur en fulviensuur.



Ecofarma het tot stand gekom toe landboukundiges van Swede en Suid-Afrika teorieë ontwikkel het oor die uitwerking van Humien- en fulvienstowwe in landbou en watter voordele dit kan meebring.


Die doelwit van Ecofarma is om uitgebreide dog kostedoeltreffende gebruik van Humiensuur en fulviensuur te bevorder.



Danksy Ecofarma se produkte wat van Humienbasisse gebruik maak, kan boere hul landbougrond omskep in grond wat biologies bewerkbaar is en in staat is om hoër vlakke van voedingstowwe in plante te laat opgaar, bind en omvorm, wat omgewingsvriendelike verbouing moontlik maak en tot winsgewende toestande lei.



Die organiese humaat sure wat in Ecofarma-produkte gebruik word, word onttrek deur ’n gepatenteerde proses. Humiensure is ‘n uitstekende bron van koolstof vir grond en plante, en is ’n uitstekende cheleermiddel vir katione.. Die fulvien sure bevorder die biobeskikbaarheid van voedingstowwe en dien as vervoerder van voedingstowwe na plantselle, wat ’n bevredigende omgewing vir grondorganismes tot stand bring.

WETENSKAP VAN STEENKOOL

Die eerste stadium in die chemiese proses waartydens plantmateriaal in steenkool omskep word, is biochemiese ontbinding (humifikasie). Bakteriese afbraak van die oplosbare bestanddele, hoofsaaklik sellulose, lei daartoe dat weerstandiger wasagtige blaarbedekkings, spore, stuifmeel, vrugte en algreste verryk word. Ontbinding stel ook bepaalde gasse vry wat in die verrottende materiaal teenwoordig was (hoofsaaklik water, koolstofdioksied en metaan), wat ’n organiese residu agterlaat wat ryk is aan koolstof.



Die tweede stadium begin wanneer die plantafsettings geleidelik onder groot hoeveelhede modder, sand en slik begrawe word. Namate dit al hoe dieper begrawe word, neem die druk toe (kompaksie). Weens die aarde se interne hittestroom neem die temperatuur ook toe hoe dieper dit is. Die verhoogde temperatuur en druk lei progressief tot fisiese en chemiese veranderinge (inkoling). Danksy die veranderinge tot onderskeibare stadiums van steenkoolgehalte in stand (range), wat weerspieël hoe volwasse die steenkool is. Die verskillende gehaltestadiums is ligniet, bitumineuse steenkool, antrasiet en grafiet.



Hierdie vier range (ligniet, bitumineuse steenkool, antrasiet en grafiet) bevat bepaalde fisiese parameters wat beheer word deur hoofsaaklik vog, vlugtige inhoud, as en vaste koolstofinhoud, asook verskillende sweleienskappe.

Steenkool in Suid-Afrika

Suid-Afrikaanse steenkool bevat slegs klein hoeveelhede spoordeklagies, blaarwaslagies en ander reste en sade, wat deel uitmaak van swartdurain en klarain, wat selde voorkom. Sekere steenkool in Suid-Afrika is ook mengsels van vitrain en grysdurain. Dit wissel van steenkool met heelwat aan vitrain (helder steenkool), tot verskillende gelaagde mengsels met grysdurain, tot suiwer durain.

ECOFARMA-STEENKOOL

Ecofarma het navorsing op steenkoolreserwes in Suid-Afrika gedoen, en geïdentifiseer watter reserwes hoë vitrinietinhoud het (ongeveer 90%), in teenstelling met bruinkool (ligniet), wat tipies 50% vitrinietinhoud het. Hierdie navorsing het gelei tot Ecofarma se besluit om vitriniet te gebruik, vanweë die samestelling, koolstofinhoud, konsekwente gehalte en beskikbaarheid daarvan. Hierdie bron stel is ons in staat om die hoogste konsentrasie humate te onttrek.

Samestelling van steenkool

Om die verspreiding van verskillende digthede binne die totale samestelling van steenkool te verstaan, moet ’n mens weet uit watter bestanddele steenkool bestaan. Steenkool se natuurlike bestanddele kan in twee hoofgroepe verdeel word:


  • Die organiese fraksie, wat verder onderverdeel kan word in mikroskopies identifiseerbare maserale, naamlik liptiniet, vitriniet en inertiniet.
  • Die anorganiese fraksie, wat bestaan uit sediment en minerale, wat gewoonlik ná verbranding as is.

Mikroskopies geïdentifiseerde maserale

Liptiniet (eksiniet): Die maseraal liptiniet is afkomstig van die wasagtige en harsagtige dele van plante, bv. spoorwaslagies en hars, wat weerstandig is teen verwering en diagenese. Wanneer liptiniet in steenkool teenwoordig is, het dit oor die algemeen sy oorspronklike plantvorm behou en word daar dus gewoonlik na verwys as plantfossiele of fiterale. Dit word geklassifiseer as sporiniet, kutiniet, resiniet en alginiet.


Vitriniet: Die maseraal vitriniet is afkomstig van die selwandmateriaal van plante, wat chemies gesien bestaan die polimere, sellulose en lignien. Die vitrinietgroep is die algemeenste groep en vorm gewoonlik 50% tot 90% van steenkool. Vitrinietryke lae steenkool word vitrain en vitriniet genoem (terloops, liptinietryke steenkool word clarain genoem).


Inertiniet: Die maseraal inertiniet is afkomstig van plantmateriaal wat in die turfstadium van steenkoolvorming sterk verander en afgebreek is. Byvoorbeeld, fossielhoutskool is ’n inertiniet genaamd fusiniet. Inertiniet het die hoogste reflektansie van alle maserale – hul relatiewe reflektansies en strukture is kenmerkend. Dit sluit in tipes soos fusiniet, semifusiniet, makriniet, mikriniet en sklerotiniet. Inertinietryke lae steenkool word durain genoem.